Make your own free website on Tripod.com
BEZUIDENHOUT FAMILIEWAPEN

Die Bezuidenhout familiewapen bestaan uit n swart skild met goue byekorf en bye daar rondom.



Ek is nie seker waar die familie aan di mooi wapen gekom het nie. As mens die kleure verwissel, die skild goud en die korf en bye swart, is dit die wapen van die Suid-Nederlands familie Marbais du Graty. Dit lyk egter nie asof daar n verband tussen die twee families bestaan nie.

Waar die wapen ookal vandaan kom dit is baie toepaslik. Die stamvader in Suid-Afrika, Wijnand Leenderts Bezuidenhout was n tuinier van beroep. Hy het in 1666 in die Kaap aangekom vanaf Nederland om die VOC pos as Baastuinier van die Kaap te aanvaar.

In sy vak het hy ongetwyfeld met bye gewerk en selfs as mens die korf en bye net as simbool van aarbeidsaamheid sou beskou, sou hy beslis gekwalifiseer het.


Terug na Tuisblad